Oor ons

'n Winkel wat gemeenskap bou

De Afrikander Handelshuis is reeds in 2013 deur Charl en Liza-Mari Oberholzer begin. Dit het ‘n nederige begin gehad as ‘n stalletjie by landbou-skoue en feeste wat trots Suid-Afrikaanse t-hemde verkoop. In 2017 is die sowat 160m2 winkel by die Voortrekkermonument geopen waar De Afrikander Handelshuis skielik nie net die plaaslike mark nie, maar ook buitelandse toeriste begin bedien het.

De Afrikander Handelshuis het al meer produkte self begin ontwikkel en ‘n aparte handelsmerk, Republk, is in 2019 geloods. De Afrikander Handelshuis het ook begin om produkte grootmaat aan ander geskenk, buitelewe -en toerisme winkels te lewer soos die Kruger Wildtuin en Safari Outdoor landswyd. In dieselfde jaar het De Afrikander Handelshuis ‘n nuwe winkel by die Johannesburg dieretuin, naamlik This is Africa, oopgemaak. In 2020 het die Republk handelsmerk verder uitgbrei en die groep het sy eerste mans-haarkappers se deure oopgemaak, naamlik Republk Barbier.

De Afrikander Handelshuis is 'n groep besighede wat almal dieselfde doel het – om Afrikaners ‘n voel van behoort te gee. Of jy by Republk gaan hare sny, geskenke koop by die Voortrekkermonument winkel of aanlyn Republk t-hemde koop, kan jy weet jy ‘n deeltjie van jou kultuur koop.

REPUBLK
  • Unieke stories!

    Al De Afrikander Handelshuis se produkte vertel ‘n unieke storie, ‘n storie van jou erfenis, jou geskiedenis en jou taal. Kom besoek ons by die Voortrekkermonument en koop in op die familie! Elke t-hemp vertel 'notoire oor die geskiedenis en elke produk iets van wie ons as gemeenskap is. As jy by ons koop, koop jy nie net produkte nie, maar ook 'n storie!

  • Koop Afrikaans!

    As jy by De Afrikander Handelshuis koop help jy ons om meer produkte op die rakke te sit, sodat jy ‘n leefstyl kan hê wat trots Afrikaans is deur jou taal op jou mou te dra! De Afrikander Handelshuis se produkte is vol kultuur! Dit is wat alles wat ons ons maak, van ketties tot kweperkonfyt! Help ons om jou een-stop algemene handelaar te wees vir alles wat jy nodig het om jouself te wees.

  • Voel tuis!

    Ons glo dat almal moet behoort. Jy mag jouself wees en De Afrikander Handelshuis is jóú handelstuiste. Of jy unieke korporatiewe geskenke soek, in jou winkel Afrikaanse produkte wil verkoop of vir daardie spesiale iemand 'n verjaarsdag geskenk soek - is ons hier om jou te laat tuis voel!