Geskryf deur Danielle Kleyn

Elke Suid-Afrikaanse huishouding behoort  ten minste een houertjie Zam-Buk in hulle besit te hê. ‘n Vinnige soektog op die internet sal bewys dat Suid-Afrikaners gek is na Zam-Buk.

Zam-Buk se oorsprong was in 1903 op rugbyvelde in Nieu-Seeland en Australië. Zam-Buk was letterlik die noodhulp tydens rugbywedstryde en is aan alles gesmeer as ’n speler beseer is. Die Zam-Buk het gedien as antiseptiese middel en het dus die wond ontsmet en die kanse dat die wond ontsteek raak, verminder.

‘n Suid-Afrikaanse man, Herman le Roux,  het in 2018 bekendheid op Facebook verwerf toe hy ‘n komieklike video geplaas het waar hy wys hoe moeilik dit is om ‘n blikkie Zam-Buk oop te maak.  Ons glo egter dat sy epiese stryd die moeite werd was as mens al die wonderlike gebruike wat Zam-Buk het, in ag neem.

Zam-Buk bestaan uit ‘n mengsel van onder andere, tiemie, bloekom en kamfer.  Tiemie is bekend vir sy anti-bakteriële eienskappe. Nael fungus en kopluise staan nie ‘n kans teen kamferolie nie. Bloekom werk uitstekend vir ‘n geblokkeerde neus of om koors te verlaag. Al drie kruie is goed om pyn teen te werk en beskik oor anti-inflamatoriese eienskappe.

Die lys van dinge wat dus met Zam-Buk behandel kan word, is iets om oor huistoe te skryf! Menigte mense getuig dat Zam-Buk baie effektief is om ‘n droeë vel, velirritasies, koorsblare, insekbyte, seer ledemate  en snye te behandel. Let wel dat Zam-Buk slegs vir uitwendige gebruik geskik is.

Die doeltreffendheid van Zam-Buk word bevestig deur hulle kroning as die wenner van die 2016/2017 ASK AFRIKA Icon Brands Survey in die lipsalf katogorie. 

Nou ja, dit is ook waarom jy Zam-Buk by die betaalpunt sal kry van elke De Afrikander Handelshuis winkel!

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.