Malvapoeding is so deel van Suid-Afrika se erfenis soos braaivleis en biltong. Min dinge rond ‘n Sondagmiddagete so lekker af soos ‘n tradisionele malvapoeding. Met hierdie maklike resep vir malvapoeding gaan jy soos ‘n meestersjef voorkom!

Bestandele: Poeding

  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel sagte botter
  • 1 eier
  • 1 koppie melk
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1/2 teelepel sout
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel asyn
  • 1 koppie koekmeel

Bestandele: Stroop van die poeding

  • 1/2 koppie botter
  • 1/2 koppie room
  • 1/2 koppie suiker
  • 1/2 koppie melk
  • 1 teelepel vanieljegeursel

Metode:

    1. Om die poeding te maak verroom die suiker en botter totdat dit lig en donsig is. Voeg die eier by en meng.
    2. Voeg die melk, konfyt en sout by en meng.
    3. Roer die koeksoda by die asyn en voeg dit dan by die mengsel.
    4. Meng die meel liggies by. Bak dit in ’n gesmeerde oondvaste bak by 180 °C vir 45 minute.
    5. Om die stroop te maak smelt die botter, room, suiker en melk saam in ’n kastrol oor lae hitte.
    6. Verwyder van die hitte en voeg die vanieljegeursel by.
    7. Giet die stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

Hierdie poeding kan saam met vla of roomys (of altwee as jy ‘n soettand is!) bedien word. Lekker eet!

malva

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.