Wat is Republk?

Republk verskaf trots Afrikaanse t-hemde en leefstylprodukte wat getuig van klassieke styl, harde werk en ‘n druppel ruwe natuur.

Wees rebels – dra Republk.

Republk is nie net jou alledaagse handelsmerk nie.  Dit is die viering van opregte mans en vroue wat moedig geveg het vir vryheid en regverdigheid.  Ons is trots op die wa-spore van ons voorouers wat hierdie land deurkruis en op die eenwording van Europa en Afrika wat deur ons are bruis. Republk herdenk die opofferings van ons helde, maar skep ook ’n nuwe toekoms.  ’n Toekoms wat nie in landsgrense vasgevang is of net aan een man behoort nie.

Republk het ’n hart vir die Afrika-son wat fel oor die grasvlaktes skyn, vir ’n oop vuur, goeie vriende en ’n donker nagruim.  Vir duisende windpompe wat oor ons land besaai is en ook vir elke Boer wat dit in stand hou.

Hierdie klere en bykomstighede onderskryf die waardes wat ons deel.  Dit bevestig ons dankbaarheid voor God, ons strewe na selfstandigheid en ons soeke na vryheid.  Republk verteenwoordig ’n viering van ons oortuigings.  Die oortuigings van harde werk, goeie kwaliteit en klassieke styl.  Alles met ’n druppel ruwe natuur.

Republk Leefstyl Produkte
18 posts
58 followers
9 following
2 months ago
  • 9
  • 0
2 months ago
  • 10
  • 1
3 months ago
  • 14
  • 3
3 months ago
  • 8
  • 1
3 months ago
  • 13
  • 1
4 months ago
  • 5
  • 0
Load More

Wat beteken die REPUBLK kenteken?

Die vlag in die Republk-kenteken (logo) is soortgelyk aan die Voortrekkervlag. Dié vlag is die vlag waaronder die Groot Trek plaasgevind het en die vlag waarmee Andries Pretorius vereenselwig het. Hierdie vlag is deur die Franse Hugenote na Suid-Afrika gebring en het dan ook as die “Kruisvlag” bekend gestaan. Die vlag is afkomstig van Boergondië in Frankryk en die naam “Boer” is ook na bewering hiervan afgelei. Die die rooi kruis in die Voortrekkervlag wat ook uit Boergondië se vlag geleen is, simboliseer interessant genoeg die Apostel Andreas en die uitbreiding van die Christelike geloof.

Die Republk-kenteken simboliseer die volgende

 

Wees Vry!

Neem standpunt in vir wat reg is, wat waar is en wat dikwels teen die status quo is. Wees vry van vrees en vry om te wees wie jy is – net soos die Franse Hugenote moes doen om groot verandering in Europa teweeg te bring.

R

Wees Selfstandig

Lê moed en durf aan die dag net soos die Vryburgers tydens die Groot Trek. Maak jou eie besluite, neem jou toekoms in jou eie hande.

Leef Opreg

Kies altyd die morele hoëgrond, sorg vir jou familie en werk hard.

Die kleure rooi en blou verwys na samewerking. Soos wat rooi en blou dikwels gekenmerk word deur ideologiese raamwerke, verteenwoordig die gebruik van beide dié kleure ’n kern-filosofie eerder as ’n blok-filosofie. ’n Blok is lyne wat getrek word wat bepaal of jy binne of buite staan, maar ’n kern is iets waaroor miljoene mee kan saamstaan en ’n netwerk vorm, selfs al is sommiges naby en ander effens verder van die kern af. Republk is daarom ’n wêreldwye handelsnaam vir almal wat passievol voel oor die waardes van vry wees, selfstandig is en opreg wil leef.

Wees Rebels – dra Republk!

Vir meer inligting, stuur gerus vir ons ‘n E-pos.

Kom kuier saam op sosiale media.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.