Windpomp 3D legkaart

R560.00

Elke hout legkaart kom gepaard met instrukies en ’n buisie gom. Dit is ’n ideale manier om tyd saam jou kleinkind tyd te spandeer en terselfdetydsommer die ingenieur in hulle wakker te maak!

Het jy geweet?

Water word met behulp van windkrag deur ‘n windpomp uit fonteine, damme  en selfs riviere gepomp. Die eerste windpomp het aansienlik anders gelyk as die windpompe wat ons vandag ken. Die hele windpomp  was van hout gemaak en dit het geen ratte gehad nie. Omdat die lemme verskriklik reguit was, kon dit slegs met ‘n sterk wind aan die gang kom.

‘n Windpomp bestaan vandag uit ‘n boorgat tesame met ‘n oorhoofse toring waarop ‘n wiel vol lemme gemonteer word. As die wind waai, beweeg die lemme en windenergie word in meganiese-energie omgeskakel. ‘n Suierpomp wat by die boorgat ingesink is, pomp weer op sy beurt water na die oppervlak.

Grootte van finale model: 200mm x 300mm

 

SKU: 404 Categories: ,

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.