vtm dvd L

Vir Vryheid…Voortrekkermonument 80 Jaar viering (DVD)

R165.00

Geen herdenkingsgeleentheid in Suid-Afrika het nog ooit die verbeelding aangegryp soos die 1938-herdingstrek en die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 nie.  In 1938 met die honderdjarige herdenking van die Groot Trek, het ongekende geesdrif Afrikaners meegevoer toe die ossewaens langs verskillende roetes na Pretoria getrek het.  Landswyd het entoesiasiese skares die trekgeselskappe verwelkom en talle gedenktekens is opgerig.  Op 16 Desember 1938 is die hoogtepunt bereik toe die hoeksteen van die Voortrekkermonument gelê is.

In 1949 het ‘n kwartmiljoen mense die inwyding van die grootste Monument ter ere van die Voortrekkers bygewoon.  Aan die hand van argieffilms laat hierdie dokumentêr die kyker daardie geesdrif herleef.  Die simboliek van die Monument word pragtig geïllusreer deur onlangse videomateriaal.

Categories: ,

Description

Tydsduur: 48 min

Uitgegee deur die Erfenis Stigting

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.