Vintage rugbybal woes mooi

Vintage rugbybal

R390.00

Vintage rugbybal, presies nagemaak soos die rugbybal van ouds. Perfekte bykomstigheid vir enige rugby-liefhebber.

Het jy geweet?

Die eerste rugbywedstryd in Suid-Afrika is op 23 Augustus 1862 in Kaapstad gespeel tussen 17 leër offisiere van die Elfde Regiment en 15 staatsamptenare. Die telling was 0 – 0. Ander spanne wat daarna gespeel het, was “Dorp teen die Woonbuurte” en “Tuis (Brits)-gebore teen Koloniaal-gebore”. Die groen truie is afkomstig van die Old Diocesian klub se truie waarin die Suid-Afrikaners gespeel het toe hulle die eerste keer in 1896 die Britse Leeus kon klop. Eers na die Anglo-Boereoorlog het die Suid-Afrikaners egter ‘n reeks-oorwinning oor die Britse Leeus behaal. Die naam “Springbokke” is in 1906 gebruik toe die span die eerste maal amptelik in hulle groen springboktruie, kompleet met hulle swart broeke en blou kouse, uitgedraf het tydens ‘n oorsese toer.

Categories: , ,

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.