Tolletjiebrei afrikander.com

Tolletjiebrei

R50.00

Tolletjiebrei is nie net ‘n prettige tydsverdryf nie, dit het ook talle voordele, onder andere dat dit kinders se fyn motoriese koördinasie kan verbeter. Jy kan ‘n badkamermatjie, mussie, serp of selfs ‘n paar kouse hiermee brei.

Categories: ,

Description

Hier is hoe jy ‘n lappie kan maak om warm potte op te plaas:

Om te begin, benodig jy ‘n tolletjie, (beskikbaar by De Afrikander Handelshuis) dunnerige breinaald, wol van verskillende kleure (verkieslik 4-draadwol, anders is die wol te groot om in die gaatjie te pas) , vier panel pins/paneelspykertjies en laastens, ‘n stukkie riffelkarton in die vorm en grootte wat jy verkies.

  1. a) Gebruik die naald om die wol dan oor te haak en sodoende ’n stekie te maak wat aan die spykertjie vas is. Beweeg dan om al die spykertjies en haak, of brei, die wol by elkeen oor. So word ’n lang “wurmpie” gevorm wat deur die gaatjie van die tolletjie afhang, nadat dit ’n paar keer om die spykertjies gebrei is.
  2. c) Sodra jy oorgaan na ’n volgende kleur wol, maak seker dat die wol goed geknoop is.  Stoot dan die knoop in die tolletjie se gaatjie om dit binne-in die breiwerk te versteek.
  3. d) Sodra die breiwerk (wurmpie) lank genoeg is, knoop die punt van die wol vas sodat die breiwerk nie lostrek nie. Draai gevolglik die wurmpie vanaf die middel op die patroon om die karton toe te maak. Plak die wurmpie stukkie vir stukkie op die karton met projekgom vas.

Daarsy! En so tolletjiebrei jy jou eie lappie! Pasop, dit mag dalk verslawend raak!

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.