Paul Kruger Boek

Paul Kruger: Toesprake en Korrespondensie van 1881 – 1900

R390.00

Paul (S.J.P) Kruger was ongetwyfeld een van die bekendste en invloedrykste persoonlikhede in suidelike Afrika teen die einde van die negentiende eeu.  Hy het op verskillende terreine deurslaggewende bydraes gelewer as ‘n gerespekteerde politieke en militêre figuur.  President M.T. Steyn van die Vrystaat het oor Kruger geskryf: “Hoe meer ik met hem werkte, hoe hoger rees mijn respect voor zijn diepe doorzicht, grote geesteskracht, ware patriotisme en innige godvertrouwen.”

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881 – 1900 is ‘n samestelling van die minder bekende briewe en optredes van staatspresident Kruger.  Dit bied ‘n verteenwoordigende beeld van sy werksaamhede en standpunte gedurende die tydvak wat vele uitdagings vir hom ingehou het, onder andere die verkryging van formele onafhanklikheid vir die Transvaal, die uitlanderkwessie, die bou van die eerste spoorlyn en die Jameson-inval.

Categories: ,

Description

Redakteur: J.S. Bergh

UItgewer: Protea

Aantal bladsye: 598

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.