Ons Japie Boek

Ons Japie: Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry

R200.00

“Ek het besluit om ‘n dagboek te hou want daar is sterk gerugte van oorlog teen Engeland en as ons in ‘n oorlog gedompel word, sal daar dinge gebeur wat van groot historiese belang sal wees.”

Anna is vijftien wanneer die oorlog in Oktober 1899 uitbreek.  Terwyl die mans gaan veg, bly sy saam met haar ma en susters op hul plaas Abrikooskop agter en word hulle posisie in die oorlog op komplekse wyse deur die keuses van die mans in die gesin beïnvloed.  Aan die een kant staan Anna se broer Japie – ‘n begeesterde jong burger wat as krygsgevangene op Ceylon sterf.  Aan die ander kant staan haar geliefde pa Thomas, aanvanklik ‘n gerespekteerde veldkornet, wat al in Julie 1900 die eed van neutraliteit aflê en dan met sy vee die Caledonrivier oorsteek na die neutrale Basoetoland.  Vir Anna is die oorlog dus ‘n verwarrende ervaring en haar dagboek bied ‘n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos identiteit, lojaliteit en volk.

Anna Barry se dagboekteks, geboekstut deur Ena Jansen se insiggewende en verhelderende voor- en nawoord, bied nie slegs ‘n unieke perspektief op die Anglo-Boereoorlog nie, maar is verweef met kwessies van taal, politieke mag, sosiale status en nasiebou wat vandag nog net so relevant is soos toe die dagboek geskryf is.

Categories: ,

Description

Voor-en Nawoord: Ena Jansen

Uitgewer: Protea

Aantal bladsye: 200

 

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.