M.T. Steyn Boek

Marthinus Theunis Steyn – regsman, staatsman en volksman

R270.00

Enige land se geskiedenis lewer figure op waarvan die grootsheid nie deur tyd en vergetelheid gestroop kan word nie. In die Suid-Afrikaanse konteks is Marthinus Theunis Steyn so ‘n figuur: ‘n man wat hom selfloos aan sy volk gewy het en bereid was om alles vir sy mense se vryheid op te offer.

Hoewel meer as een biografie oor die laaste president van die Oranje-Vrystaat in die jare kort na sy dood verskyn het, bied M.C.E. van Schoor in hierdie werk besondere insig in die karakter en menswees van ‘n geliefde staatsman.  Die leser word op boeiende wyse betrek by Marthinus Theunis Steyn se kleurvolle lewensverhaal: hoe hy nooit sy herkoms as Vrystaatse plaasseun verraai het nie en selfs as president in voeling met die eenvoudigste Boere gebly het; hoe hy sy uitmergelende siekte met volharding bly beveg het en hoe sy geloof in God en sy liefde vir sy gesin en sy erfgrond hom in Tye van beproewing staande gehou het.

Categories: ,

Description

Skrywer: M.C.E van Schoor

Uitgewer: Protea

Aantal bladsye: 448

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.