Generaal Ben Viljoen Boek

Generaal Ben Viljoen, 1868 – 1917

R280.00

Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy F.W. Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts.  Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ‘n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal.  Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ‘n groter georganiseerde eenheid te funksioneer. Hy verkies om sy die kop te volg en sy besluite wat dikwels omstrede.

Kort voor die einde van die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban.  Na die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en word daar militêre raadgewer van die Mexikaanse president.  Om verskeie redes is Ben Viljoen se naam nooit met die hoofstroom van Afrikaner-nasionalisme geassosieer nie.  Lank nadat ander Boeregeneraals se wedervaring in boekvorm op die rakke verskyn het, is dit nou Ben Viljoen se beurt.

Categories: ,

Description

Deur: J.W. Meijer

UItgewer: Protea

Aantal bladsye: 294

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.