Vellies velskoene

Egte velskoen – “Kalahari”

R820.00

Sit die wip in jou stap met dié egte leer velskoene. Die Kalahari-skoen het ‘n hoër snit om die enkel. Elke paar skoene word netjies en noukeurig aanmekaar gesit. Gemaak om die Groot Trek te deurstaan, geryg om ‘n Majuba berg uit te klim en gelooi soos geen ander leer nie.

Het jy geweet:

Die velskoen (vellies) is tradisionele handgemaakte skoene wat deur die pa van ‘n huisgesin gemaak is.  Seunskoene is gemaak deur ‘n stuk soolleer in water te sit om dit te laat sag word.  Daarna het die kind sy voet op die leer gedruk om die regte vorm en grootte van die sool te kry waarna die bo-kant van die skoen oorgewerk is.  Meisies het gewoonlik skoentjies van dunner leer met ietwat hoër sole gekry. Vellies is wyd en syd tydens die Groot Trek gemaak en gedra. Maar onthou, as jy eg-Voortrekker wil wees, los maar die sokkies in die laai.

Clear
SKU: N/A Categories: , , ,

Description

Grootte-gids:

Lengte van hak tot toon / Wydte

Grootte 5 – 27.5 cm / 10.5 cm

Grootte 6 – 28.5 cm / 11 cm

Grootte 7 – 29 cm / 11 cm

Grootte 8 – 29.5 cm / 11 cm

Grootte 9 – 30.5 cm / 11 cm

Grootte 10 – 31 cm / 11 cm

Grootte 11 – 32 cm / 11.5 cm

Grootte 12 – 33 cm / 12 cm

Grootte 13 – 33.5 cm / 12.5 cm

Behandeling van leer: Gebruik Dubbin leer waks om leer te behandel en waterdig te maak

LET WEL: Die kleur van die Vellie mag verskil van die foto, aangesien elke paar handgemaak word kan die leer wat gebruik word donkerder of ligter wees as die foto.

Additional information

Groottes

5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13

You may also like…

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.