DIE ABO boek

Die Anglo-Boereoorlog 1899 – 1902

R210.00

Van 1899 tot 1902 is Suid-Afrika beroer deur die botsing tussen een van die wêreld se groot magte – Brittanje – en die hardnekkige vegters van twee klein Afrikaner-republieke: die ZAR (Transvaal) en die Oranje-Vrystaat.  Waar hulle onafhanklikheid bedreig was, het die Boere saamgestaan met ‘n doelgerigte vasberadenheid wat vir hulle veel simpatie in Europa en die VSA verwerf het.

Hierdie boek skets die verloop van die oorlog, vanaf die formele aanvang tot by die guerillastryd van die bittereinders.  Dit werp ook die soeklig op individuele aspekte van die oorlog wat dikwels in ‘n meer algemene benadering oor die hoof gesien word.  Beeld en teks staan hier in besonder lewendige wisselwerking om die maatskaplike kompleksiteite van ‘n unieke en profetiese oorlog te belig.  Hier is ‘n beeld  van die Boerelewe op kommando, die Britse Tommy se ervaring van die vyandige veld, en die rol van swartes in die stryd.

Die oorweldigende meerderheid van gevangenes in hierdie oorlog was aan Boerekant.  Mans en seuns is oorsee in bannelingskap versprei na afgeleë eilande, terwyl diegene wat met die Britte saamgewerk het, met veragting as hensoppers en ‘joiners’ bejeën is.  Boerevroue en kinders het die grootste deel uitgemaak van die oorblywende, veel ernstiger, slagoffers van die Britte se meedoënlose verskroeideaardebeleid – meer as 27 000 sterfgevalle is in die konsentrasiekampe aangeteken,

Categories: ,

Description

Skrywer: Fransjohan Pretorius

Uitgewer: Struik

Aantal bladsye: 96

 

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.