De la Rey

Borsbeeld – De la Rey

R360.00

Die borsbeeld van die bekende Boere-generaal Koos de la Rey is perfek vir jou lessenaar of boekrak en bring ’n bietjie kultuur na jou werkspasie.  Die borsbeeldjie is deel van ’n nuwe reeks hergietings gebasseer op die oorspronklike soos gemaak deur die bekende kunstenaar Phil Minnaar.

Grootte: Die beeld staan 20cm hoog.  

 

Description

Wie is Generaal De la Rey?

Generaal Koos de la Rey word gesien as een van die braafste en doeltreffendste generaals van die Anglo-Boereoorlog.  De la Rey was ‘n diep gelowige mens en ‘n sakbybel was selde nie in sy hande nie. De la Rey was gekant teen die oorlog tot die laaste, maar toe hy as lafaard beskuldig is tydens ‘n Volksraadvergadering, het hy gesê dat as die tyd vir oorlog sou kom, hy sou veg lank nadat die wat koukus oor die oorlog al opgegee het. Die woorde sou later bewaarheid word. Hy is bekend vir sy leierskap en buitengewone militêre vernuf in die oorwinning by die Slag van Magersfontein en ander veldslae wat Kraaipan, Graspan en Modderrivier insluit.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.