Adam Tas

Adam Tas

R280.00

Adam Tas (1668 – 1722) was ’n Kaapse Vryburger wat veral geken word vir sy rol as Kaapse Patriot in die teenkanting teen Goewerneur Willem Adriaan van der Stel.  In sy dagboek beskryf Tas van sy en die ander Patriotte se komplot om van die korrupte Van der Stel ontslae te raak deur middel van ’n petisie wat hul gerig het aan die Heere XVII in Nederland.  Van der Stel het bewus geraak van die petisie en Tas is gearresteer en in kettings na die Kasteel geneem waar hy in die Donker Gat aangehou is.  Tas is later vrygelaat en het sy plaas herdoop tot Libertas, ’n speling op woord vir vryheid en sy van.  Dié hemp, ter ere van Adam Tas, beeld die geblindoekte figuur van geregtigheid uit met die swaard wat mag en weegskaal wat regverdigheid simboliseer op ’n agtergrond in die vorm van die Kasteel van Goeie Hoop.  Dit is simbolies van geregtigheid wat geskied het toe Van der Stel later ontslaan is.  Die woorde Liberté (Vryheid), Egalité (Gelykheid) en Fraternité (Broederskap) verwys terug na die Franse rewolusie wat die Patriot beweging geïnspireer het.  

Clear
SKU: N/A Categories: , , , ,

Description

Materiaal: 100% katoen

Grootte-gids:

Bors / Agter neklyn tot onder:

  • M – 52cm / 71 cm
  • L – 56cm / 73 cm
  • XL – 59cm / 74 cm
  • XXL – 62cm / 76 cm
  • XXXL – 64cm / 78cm
  • 4XL – 66cm / 80cm

Vervaardig in Suid-Afrika

Additional information

Grootte

M, L, XL, XXL, 3XL

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.