windpomp hangertjie m

Silwer windpomp hangertjie

R400.00

Egte silwer windpomp hangertjie. ‘n Unieke geskenk vir iemand spesiaal. Let wel dat die ketting nie by die hangertjie ingesluit is nie.

Categories: , ,

Description

Het jy geweet?

Water word met behulp van windkrag deur ‘n windpomp uit fonteine, damme  en selfs riviere gepomp. Die eerste windpomp het aansienlik anders gelyk as die windpompe wat ons vandag ken. Die hele windpomp  was van hout gemaak en dit het geen ratte gehad nie. Omdat die lemme verskriklik reguit was, kon dit slegs met ‘n sterk wind aan die gang kom.

‘n Windpomp bestaan vandag uit ‘n boorgat tesame met ‘n oorhoofse toring waarop ‘n wiel vol lemme gemonteer word. As die wind waai, beweeg die lemme en windenergie word in meganiese energie omgeskakel. ‘n Suierpomp wat by die boorgat ingesink is, pomp weer op sy beurt water na die oppervlak.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.