Geskryf deur Danielle Kleyn

Daar is soveel aktiwiteite om te doen en plekke om te besoek in Pretoria dat dit moeilik kan wees om ‘n bestemming te kies.  Hier is vyf plekke wat beslis op jou lysie moet wees van plekke om te besoek:

1. Die Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument is een van die toeriste aantreklikhede in gauteng wat die meeste besoek word. Die Voortrekkermonument is gebou deur die argitek, Gerhard Moerdijk, en het ten doel om die pioniergeskiedenis van Suid-Afrika asook Afrikanergeskiedenis te herdenk. Die 40 meter hoë graniet monument staan in die middel van die 240 hektaar Voortrekkermonument Natuurresservaat.De Afrikander Handelshuis

‘n Besoek aan die Voortrekkermonument lewer genoeg vermaak vir die hele gesin. Dit het talle ideale roetes vir fietsryers en drawwers. Perdritte kan ook bespreek word. Die geskenkwinkel, De Afrikander Handelshuis, het ook geen tekort aan produkte wat jou weer sal herinner hoe aangenaam dit is om Afrikaans te wees nie. Jy kan die Voortrekkermonument elke dag van 09:00-18:00 in die somer, en van 09:00-17:00 in die winter besoek.

2. Pretoria Nasionale Botaniese Tuine

botaniese tuineDie Botaniese tuine is gestig in Junie 1946 toe die Universiteit van Pretoria hul goedkeuring aan die Departement van Landbou gegee het om ‘n botaniese tuin te begin op ‘n stuk wat voorheen deel was van die Universiteit se eksperimentele plaas. Die hoofrede vir die oordrag van die grond was as gevolg van die teenwoordigheid van Dichapetalum cymosum, ‘n giftige blaar, en omdat die grond nie geskik was vir landbou eksperimente nie.  Die Botaniese tuin is op 23 Oktober 1958 amptelik geopen.

Ongeveer 220 voëlspesies kom in die Botaniese tuin voor, wat dit ‘n moet-besoek maak vir voëlkykers. Sowat vyftig skoenlapper spesies is al in die Botaniese tuin opgemerk. Ander diere soos hasies, duikers en verskeie akkedisse vind ook hul tuiste in hierdie indrukwekkende tuin. Indien jy gelukkig is, sal jy selfs ‘n otter of twee sien.

 

3. Pretoria Dieretuin

Die Pretoria Dieretuin is deur J. W. B. Gunning begin. Later is dit aan Johannes Francois Celliers verkoop, wie dit hernoem het na “Rus in Urbe”. Die staat het dit in 1895 in besit geneem, en in 1916 het die fasiliteit sy finale naam, National Zoological Gardens, gekry. 

Die Dieretuin is 85 hektaar groot, wat dit die titel van die grootste dieretuin in Suid-Afrika besorg. Boonop is dit een van die top agt dieretuine wêreldwyd. ‘n Wye verskeidenheid diere van regoor die wêreld kom in die Dieretuin voor, onder andere kangaroes, bere, pikkewyne, tiere en die swart renoster. Hul slangpark is ook indrukwekkend. Maak seker jy neem ‘n rit op die kabelkarretjies, wat jou ‘n luguitsig oor die natuurskone fasiliteit gee. Daar is ook piekniek- en braaifasiliteite langs die Apiesrivier wat deur die dieretuin vloei. 

dieretuin

4. Ditsong Nasionale Museum van Natuurlike Geskiedenis

ditsongDie meuseum is in Desember 1892 gevind. Hierdie museum is die enigste museum van natuurlike geskiedenis in Gauteng. Dit beskik oor hominied fossiele vanaf die Wieg van die Mensdom. Die fossiel, Mevrou Ples, wat in 1947 ondek is deur Dr Robert Broom, is een van besoekers se gunstelinge by die museum. ‘n Wetenskaplike biblioteek, naamlik die “Ditsong National Museum of Natural History Library” is gehuisves by hierdie museum. Een van die uitstallings, die Austin Roberts Voëlsaal, toon ongeveer 800 Suid-Afrikaanse voëlspesies met hul voedingspatrone en gewoontes. Daar is ook ‘n uitstalling met stene, minerale en kristalle van regoor die wêreld. Jy kan selfs ‘n stukkie maanklip onder oë kry. Daar is ook ‘n uitstalling van eensellige organismes.

5. Ludwig se roosplaas

Ludwig se roosplaas is in Maart 1971 gestig. Die plaas is ‘n familiebesigheid en het tans 130 mense in diens. Ludwig Taschner, na wie hierdie kwekery vernoem is, is gebore in Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het nog altyd geweet dat rose sy passie is. Hy het waardevolle ervaring opgedoen terwyl hy in kwekerye in Wes-Duitsland, Engeland en Switserland gewerk het. Ludwig het in 1962 in Pretoria aangekom en was werksaam by ‘n kwekery, tot hy in 1971 Ludwig se roos plaas gevind het in die Noorde van Pretoria.roses

Ludwig se roosplaas het van die grootste verskeidenheid roosbome vanaf regoor die wêreld. Hierdie kwekery beskik ook oor ‘n restaurant met heerlike ontbyte, ligte etes en vele meer bedien. Daar is ook ‘n speelgrond wat gerieflik naby die restaurant geleë sodat die kleinspan ook vermaak kan word. Indien jy dus jou tuin wil opkikker met ‘n paar roosbome, of net betower wil word deur die reuk van  vars rose terwyl jy ‘n koppie koffie saam jou gesin genier, is Ludwig se roosplaas die plek om te wees.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.