Paul Roos wat ook as Oom Polla bekend gestaan het, was die eerste Springbok rugbykaptein wat die eerste Suid-Afrikaanse rugbytoerspan na Brittanje in 1906 geleihet. In 1903 het Roos die eerste keer vir die Westelike Provinsie in ’n Curriebekertoernooi gespeel en is in dieselfde jaar ook gekies om Suid-Afrika in die derde toets teen die besoekende span van die Britse Eilande op Nuweland te verteenwoordig.

Dit was op die toer waar die naam Springbokke vir die eerste keer vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan gebruik is. Die toerbestuurder, amptenare en Paul Roos het op die naam besluit om die Britse pers te verhoed om hulle eie bynaam vir die span uit te dink. Roos het koerante aangesê om die span “De Springbokken” te noem. Die Daily Mail het daarna ‘n artikel gedruk waarin na die Springboks verwys is. Die span het daarna begin baadjies dra met ‘n springbok-embleem op die linker borssak.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.