OOR ONS

De Afrikander Handelshuis (D.A.H)

D.A.H – vir alles wat jy nodig het om jouself te wees.

D.A.H is in 2013 by ’n koffiewinkel in Magnoliadell in Pretoria begin. Meer en meer jongmense het met “New York” in plaas van “Pretoria” t-hemde rondgeloop en dit was tyd om Afrikaans weer assosieerbaar te maak. Met vier t-hemde, ‘n gazebo en ‘n tenk vol petrol het die reis van De Afrikander Handelshuis (D.A.H) begin.

Vyf jaar later, na talle landbou -en kunstefeeste, straatmarkte en laat aande se t-hemde vou verder is De Afrikander Handelshuis die tuiste vir eg-Afrikaanse produkte.  Vandag bestaan De Afrikander Handelshuis (D.A.H) se aanlynwinkel en fisiese winkel by die Voortrekkermonument uit veel meer as t-hemde. Met vellies, ketties, tolletjiebrei, blikbekers en alles wat Afrikaans is – is D.A.H ’n grenslose tuiste vir alles en almal wat lief is vir Afrikaans!

Waar kom ons naam vandaan?

In 1707 het Hendrik Biebouw uitgeroep: “Ik ben een Afrikander” (Ek is ʼn Afrikaner), in opstand teen die koloniale regering in die Kaap. De Afrikander se naam is afkomstig van dié woorde van Hendrik Biebouw waar die woord “Afrikaner” die eerste maal gebruik is. Dit was die oomblik waar Afrikaners hulle gesigte weg van Europa en na Afrika gedraai het. Hierdie gebeurtenis spreek van ‘n vreeslose opeising van identiteit en ‘n diep gewortelde trots. De Afrikander spog met dié leefwyse en laat jou toe om dit met trots op jou mou te dra. De Afrikander Handelshuis – Produkte met kultuur!

Dra jou taal op jou mou!

Prestasies:

D.A.H was ’n finalis in Akademia se nasionale sakeplan-kompetisie en het die afgelope twee jaar die Tinteltong-toekenning verwerf vir die beste Afrikaanse sosiale media. D.A.H is ook genomineer as een van die top tien besighede in 2017. Adam Tas, Chris Chameleon, Bok van Blerk en Steve Hofmeyr tel onder die duisende gelukkige kliënte van D.A.H.

As jy by D.A.H koop help jy ons om meer produkte op die rakke te sit, sodat jy ‘n leefstyl kan hê wat trots Afrikaans is deur jou taal op jou mou te dra! Help ons om jou een-stop algemene handelaar te wees vir alles wat jy nodig het om jouself te wees.

Produkte met kultuur

Van die grootwild-jagter wat met sy trofees op sy bors pronk, tot huis -en dekor produkte wat tot jou skoonma se goedkeuring sal wegdra! Ons het alles wat jou hart begeer…

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.