Geskryf deur: Danielle Kleyn

Internasionale Moedertaaldag word jaarliks op die 21 Februarie gevier om veeltaligheid wêreldwyd te bevorder. Die datum verteenwoordig die dag in 1952 toe vier studente tydens ‘n betoging om amptelik Bengali, hul moedertaal, te gebruik in Bangladesh, doodgeskiet is. Ter viering van Internasionale Moedertaaldag het ons ‘n lys van 5 pittige Afrikaanse idiome met hulle betekenisse gemaak, sodat jy jou taalkundigheid kan opskerp!

Laatweet ons wat jou gunsteling Afrikaanse idioom is, en wat dit beteken!

Iemand se aandele styg/daal by iemand anders.

Betekenis: Iemand kry ‘n gunstiger/slegter indruk van iemand anders.

‘n Skoorsteen van sy mond maak.

Betekenis: Hy rook baie.

‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop.

Betekenis: Iets is beter as niks.

Wie kom hier aangehoepel?

Betekenis: Wie kom hier aan met sulke krom bene?

Hy skil sy aartappels nie twee keer nie.

Betekenis: Hy herhaal nie homself nie.

As jy van idiome hou behoort jy ook van De Afrikander Handelshuis se koffiebekers te hou, elkeen met sy eie unieke Afrikaanse gesegde op! Loer hier!

Gelukkige Moedertaaldag!

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.