Maria Margaretha (Marie) Koopmans-de Wet se belangrikste werk was in belang van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog. Toe Olive Schreiner haar pamflet uitgee met ‘n beroep vir reg en vrede, het Marie ‘n eksemplaar daarvan aan ‘n vriendin in Londen gestuur om dit aan koningin Victoria te stuur. Marie het leiding geneem om te protesteer oor die toestande in die Boererepublieke en die lot van Boerekrygsgevangenes. Weens die werk van Marie en ander leidende vroue soos Emily Hobhouse het oral in Europa komitees aan die werk gespring om klere en lewensmiddele vir die vroue, kinders en krygsgevangenes te stuur. Tot 1904 het meer as tweeduisend kiste goedere in Suid-Afrika opgedaag, die meeste het by die Koopmans-de Wet-huis beland. Die skenkings van goedere en geld wat Marie ontvang het, het sy self administreer en na die nodige kampe en persone gestuur. Weens haar opstandige idees word sy later onder huisarres geplaas en haar gesondheid het begin agteruitgaan. Sy is in 1906 oorlede.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.