Henriette Ester Carolina Armstrong het met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 by die kommando van generaal Piet Joubert aangesluit as ‘n verpleegster. Nadat Pretoria ingeneem is deur die Britte het sy teruggekeer om die vroue en kinders in die konsentrasiekamp in Irene by te staan. Deur haar vriendskap met menigte Britse offisiere het sy baie waardevolle inligting bekom en in effek as spioen vir die Boeremagte gewerk. Dié inligting het sy deur middel van kaptein J.J Naudé aan die Boereleiers in die veld gestuur en deur haar moed het sy talle lewens so gered. Ná die oorlog word sy lid en is ook ‘n stigter van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en in 1905 rig sy die Reddingshuis vir ongehude moeders in Pretoria en die Langlaagte-weeshuis vir oorlogswesies op. Tydens die Rebellie van 1914 dien sy in ‘n hulpkomitee wat die rebellegevangenes van voedsel voorsien en sy help in 1916 met die organisasie van die vroueoptog wat amnestie vir dié gevangenes betoog.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.