Geskryf deur: Danielle Kleyn

Suid-Afrikaners is so gek oor melktert dat ons van 2013 af jaarliks Nasionale Melktertdag op 27 Februarie vier. 

Daar bestaan twee staaltjies oor waar en wanneer melktert ontstaan het.  Volgens die koshistorikus, Hetta van Deventer-Terblanche,  is die  Romeine die skeppers van hierdie soet bederf. Die Romeine was alreeds 2000 jaar gelede versot op beide soet en sout eiervla. Die instel van die streng vasdagreëls van die Katolieke Kerk het veroorsaak dat monikke en nonne moes soek na plaasvervangers vir vleis, melk, vis en eiers. Dit het gelei tot die ontstaan van amandelpap- gemaak van amandelmelk en gegeur met gemmer en kaneel. Die verslapping van die vasdagreëls het weer die gewildheid van eiervla as tertkors herstel. Die amandelpap is gevolglik  vervang met eierpap-vla en die  broskors het ‘n skilferdeeg geword.

Ander bronne voer aan dat melktert eers gebore is toe die Hollanders in die 1600’s in die Kaap aangekom het.

Melktert bestaan vandag uit ‘n eiervla-pap wat op ‘n deegbasis in die oond gebak word. Melktert-liefhebbers het verskillende menings rakende die deeg van die melktert. Een gedeelte is vas oortuig dat slegs ‘n skilferdeeg aanvaarbaar is vir ‘n tradisionele melktert. Die ander groep sal jou inlig dat melktert slegs ‘n broskorsdeeg behoort te hê. 

Nou het jy bietjie meer kennis om jou familie of vriende mee te verbaas op Nasionale Melktertdag!

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.