Die Slag van Majuba het op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Dit was die laaste militêre botsing tussen Brittanje en die Boere van Transvaal. Die Boere het die Slag gewen en die Britte gedwing om weer vir Transvaal sy vryheid te gee.

Van die Britse soldate het 92 gesneuwel, 134 is gewond en 59 is gevange geneem. Slegs een van die Boere (H. Bekker) het tydens die Slag van Majuba gesneuwel. Ses ander is gewond en J. Groenewald is later aan sy wonde oorlede.

Die Slag

Die Britte het 2000 soldate van Newcastle gestuur om Majuba te beset. Op 26 Februarie was daar 405 Britse soldate op die berg (van die 58ste en 92ste Regimente). Die Sondagoggend het die Boere die Britte op die berg gesien en planne gemaak om die Britte uit te oorlê. Generaal Smit het opdrag gegee dat al die mans bo 50 jaar oud agter die rotse van die eerste plato moes bly skuil en na elke Engelsman wat sy kop oor die boonste rand uitsteek, moes skiet. Dit het dit moontlik gemaak vir die res van die Boere om onder vuurdekking tot reg onder die kruin te kom, wat hulle net voor die middaguur, na ‘n klim van ses uur, bereik het.

Teen 12:45 het die Boere met geweervuur op Gordon se koppie losgebars en dit verower. Die Boere het vir die volgende uur oor die kruin gestroom en die Britte met akkurate skietwerk groot verliese toegedien. Onder die Britte was daar verwarring en hulle het na die suidekant van die bergtop begin vlug. Generaal Colley, wat die troepe gelei het, is bokant sy regteroog raakgeskiet en is op die berg oorlede. Die res van die Britse mag het oor die agterste kruin gespring en is beseer, geskiet of gevange geneem.

Wat het die oorwinning tot gevolg gehad?

Die oorwinning by die Slag van Majuba het veroorsaak dat:

  • ‘n Vredesooreenkoms is geteken wat later tot die Pretoria konvensie gelei het wat die Eerste Vryheidsoorlog bëindig het.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.