De Afrikander

De Afrikander Handelshuis (D.A.H) – geanker sedert 1652

De Afrikander Handelshuis (D.A.H) het ten doel om Suid-Afrikaners trots te maak op wie hulle is deur middel van moderne ontwerpers t-hemde wat veral op ons erfenis en unieke Afrikaanse gesegdes gefokus is. In die Afrikaanse gemeenskap word daar dikwels monumente opgerig, of dit nou in die vorm is van ‘n pro-Afrikaanse organisasie of od die Taalmonument, De Afrikander doen juis dit met t-hemde. T-hemde is iets waarmee mense hulself kan uitdruk en hulle unieke ideniteit en taal mee kan opeis.

De Afrikander Handelshuis skep ontwerpers T-hemde en bykomstighede wat eie is aan JOU kultuur – ‘n vervulling van die belofte van 1652.

Wie is ons…

Ons is n groepie jongmense van Pretoria wat oorspronklikheid te ernstig opneem, trots vir jou erfenis as ‘n oorlewingsvereiste  beskou en ‘n ongesonde fassinasie het met Jan van Riebeeck, vreemde volksverhale en Afrikaanse gesegdes. D.A.H het in Januarie vanjaar die aanlynwinkel op www.afrikander.com geloods, en t-hemde word voor jou deur afgelaai.

 

 

Die T-hemp…

  • Die drukwerk is ekovriendelik
  • Die drukwerk is digitaal gedruk en verbleik nie na die eerste was soos die meeste ander T-hemde nie.
  • Dit is trots Suid-Afrikaans!
  • Dit pas gemaklik om jou nek.
  • Die hemp is deel van ‘n verhaal.
  • Die hemp word hier op eie bodem aanmekaar geslaan.

 

Die storie…

In 1707 het vier “vrolike” jong mans volgens oorlewering deur die strate van Stellenbosch baljaar. Toe Johannes Starrenberg, die destydse landdros, die jongelinge in die hande kry en selfs een met ‘n rottang beetkry, skreeu die seun: “Ek wil nie loop nie, ek is ‘n Afrikaner, selfs al slaan die landdros my dood en selfs al sit hy my in die trunk, ek sal en wil nie swyg nie.”

Hierna is die sestienjarige Hendrik Biebouw en sy vriende trunk toe met aanbeveling dat hulle verban word. Drie maande later is drie van die mans openbare lyfstraf toegedien en Biebouw is aangeteken in sensusrekords as “weg”. Vermoedelik is hy na Batavia (die hedendaagse Indonesië) gestuur maar daar was ook ‘n gerug dat die skip waarin hy daarheen onderweg was noord van Perth gestrand het en da thy onder die inboorlinge van Australië gewoon het.

Die sestienjarige seun kon nie meer as 300 jaar gelede weet da thy sou bydra tot die breekspul tussen die Europese tuiste van ons verlede en die gekose tuisland van ons hede nie. Hollanders, Duitsers en Franse het hulle gevestig in ‘n klein kolonie aan die suidpunt van Afrika en het die stamvaders en –moeders geword van generasies van Afrikaners wat nie “sal en wil swyg nie”. De Afrikander Handelshuis (D.A.H) se naam is afgelei van Hendrik Biebouw se woorde “Ik ben een Afrikander”. Dit was die oomblik waar Afrikaners hulle gesigte weg van Europa en na Afrika gedraai het. Hierdie gebeurtenis spreek van ‘n vreeslose opeising van identiteit en ‘n diep gewortelde trots. De Afrikander spog met dié leefwyse en skep vir jou ‘n geleentheid om jou bors daaroor uit te stoot. De Afrikander – Geanker sedert 1652.

“Ek is ‘n Afrikaner! So staan Hollanders, Duitsers en Franse saam, met die hiergeborenes onder daardie naam.” – D.J Opperman

Ondersteun D.A.H so:

o    Bestel jou t-hemp vandag op www.afrikander.com

o    Volg ons op Facebook, Twitter en Pinterest!

o    Teken in op ons nuusbrief genaamd “Die Posmeester” op ons webtuiste

o    Kontak ons vir verdere geselsies by handelshuis@afrikander.com

 

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.