Deur Danielle Kleyn

Die Jakaranda boom is amper ‘n sinoniem van Pretoria. Hier is vyf feite oor die pers blomme wat ons in Oktobermaand bekoor.

  1. Van Pretoria se studente glo dat die Jakaranda boom ‘n gelukbringer is, en dat indien ‘n Jakaranda blommetjie op jou kop val, jy al jou vakke sal deurkom.
  2. Die eerste twee Jakaranda bome in Suid-Afrika is deur JD Celliers geplant in 1888. Hierdie plantjies is van Brasilië af ingevoer.
  3. Dit is onwettig om nog Jakaranda bome te plant, aangesien hul eintlik indringerplante is.
  4. Die televisieprogram, Carte Blanche, het in 2001 as deel van ‘n poets op 1 April berig dat die regering al die Jakaranda bome in Suid-Afrika gaan verwyder. Die publiek se reaksie hierop het bewys dat Suid-Afrikaners gek is na die bome!
  5. Hierdie bome neem lank om te blom. Sommige jakarandabome neem sewe jaar voordat hul begin blom, terwyl ander tot 25 jaar kan neem om sy eerste blomme te vertoon.

Om met jou eie kunswerk van die unieke boom te pronk, loer bietjie in by De Afrikander Handelshuis.  Ons het ‘n groot verskeidenheid Jenny Boon kunswerke wat die pers boom in al sy glorie vier.

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.